Hlaudi Motsoeneng wil party stig

Die afgedankte hoof van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, is erg teleurgesteld in Cyril Ramaphosa, en daarom gaan hy sy eie politieke party op die been bring.

Daarmee het hy blykbaar sy vorige wens, om in die Unie Gebou in te trek, ’n tree nader geneem, alhoewel sy kanse maar gering is volgens die waarnemers se oordeel.

Hy gaan sy party so gou moontlik stig om in die 2019 verkiesings van plaaslike owerhede deel te neem.

Hy sê hy gaan Ramaphosa opponeer want hy wil president van die land word, en hy sê hy glo nie die president kan hom wen in so ’n verkiesing nie.

Foto – Hlaudi Motsoeneng