Hewige Tsoenami tref Indonesië

n Onvoorsiene tsoenami in die seestraat van Soenda tussen die eilande Java en Soematra het die dood van minstens 281 veroorsaak.

Reddingswerkers meen die dodetal gaan nog verder styg en baie mense is as vermis aangemeld terwyl honderde by hospitale vir behandeling opgeneem is.

Na raming is sowat 800 mense by hospitale terwyl nog meer as 30 as vermis aangemeld is.

Benewens die tientalle geboue wat beskadig is, is daar ook talle wat onherstelbaar is waarvan die meerderheid woonhuise is.

Die eilande wat gewilde vakansie oorde is, s toeriste bedryf het letterlik tot stilstand gekom en die owerheid sê dit gaan weke neem om die totale omvang van die skade te bepaal.

Wetenskaplikes meen die tsoenami is veroorsaak deur die Anak Krakatoa vulkaan uitbarsting wat op een van die eilande geleë is.

Foto – Anak Krakatoa