Hernude gewelddadige protes in Frankryk

In sowat 280 middelbare skole en kolleges in Frankryk is die inrigtings se skooldag versteur en leerlinge van 45 skole het die toegang geblokkeer sodat niemand in of uit kon beweeg nie.

Verskeie insidente het plaasgevind by die skole, en ’n totaal van meer as 700 leerling is gearresteer deur di polisie.

Die onrus by die skole is glo vergelykbaar met die protes wat dae lank voortgeduur ht en deur die Geel Hempies gelei is.

Talle vakbond, ouer verenigings en individuele mense het dringend versoeke tot die regering van president Emmanuel Macron gerig om ernstig aandag te gee aan die griewe en eise van die leerlinge.

Die vermoede bestaan dat die leerlinge se protes ’n uitvloeisel is van die gewelddadige verset van die Geel Hempies.

Die leerling is gekant teen die hervormings planne van die regering met betrekking tot die eindeksamen stelsel in middelbaar onderwys.

Die Franse se sterk teenkanting teen president Macron se hervormingsbeleid het daartoe gelei dat sy gewildheid nou slegs deur sowat 27% van die kiesers gehandhaaf word.