Groot haelstorm tref Sydney stad

Die Australiese stad Sydney, is die afgelope dae swaar getref toe ’n hewige haelstorm oor die stad losgebars het.

Haelkorrels so groot soos hoendereiers het groot skade veroorsaak aan motors, woonhuise, sakeondernemings en vermaaklikheidsplekke.

Eienaars van geparkeerde motors moes deur vensters sien hoe reuse haelkorrels hulle motors stukkend slaan terwyl ander se woonhuise glas en dak skade gekry het en die binnekant deur die reën oorstroom is.

In een deel van die stad is haelkorrels gevind wat so groot soos ’n tennisbal is, en ou inwoners sê dit is die ergste haelstorm wat hulle ooit beleef het.

In een deel van die stad is elke tweede woonhuis sodanig beskadig dat dit weke gaan neem om alles te herstel.