Grondbaron Ramaphosa se versoening

Die president van die nuwe SA Cyril Ramaphosa het tydens ‘n versoeningsdag toespraak verklaar dat versnelde grond hervorming die potensiaal het om goeie verhoudings tussen die mense van die land te skep.

Daar moet glo gestreef word na gelykheid en dit kan slegs geskied as grond gesteel word sonder vergoeding.

Die stabiliteit van die land word glo bedreig aangesien grond slegs in ‘n klein groepie se besit is. Geen melding is gemaak van die vele plase en eiendomme wat in sy naam is nie.

Waarnemers reken die president beskik oor te veel grond terwyl sy mense grond van blankes moet kry, terwyl dit hoogs produktiewe landbouers is wat hulle grond gaan verloor.

Politieke ontleders sê as die president dink dat swartmense wat tevrede is omdat hulle grond gekry het, en nou versoenend is, beteken dit nie dat diegene wat hulle grond verloor het, ooit sal versoen nie.