Georgië kry eerste vrou as president

Die verkiesing van Salome Zurabishvili as die eerste vrou wat ingehuldig is as president van Georgië het ’n nuwe era ingelei tot ’n heel nuwe grondwetlike bedeling in die land.

Sy is vasbeslote om die roete, verder weg van Rusland te neem om die land nader aan die lande van Europa te bring.

Salome Zurabishvili is Sondag op ’n seremoniële wyse ingehuldig wat die begin is vir die daarstelling van ’n nuwe grondwet, wat ook sal beteken dat die president ’n simboliese amp is om die volk saam te snoer.

Die boorling van Parys, Frankryk het die November verkiesing gewen met ’n meerderheid van 60% teenoor 40% van die opponent.

Foto – Salome Zurabishvili