Geel Hemde kom nie tot rus

In die Franse hoofstad heers daar steeds chaos terwyl honderde Geel Hemde steeds protesteer teen die optrede van die regering, en het nou ook die polisie se hantering van protesteerders bygesleep.

Die Franse hoofstad Parys was die afgelope naweek weer omskep in ’n slagveld toe polisie die optog wou stuit deur weereens van traangas gebruik te maak.

Minstens 1,500 betogers is in hegtenis geneem, maar dit stuit nie die Geel Hemde om hulle boodskap oor te dra nie.

Intussen het die verset teen belastings oorgespoel na België, waar honderde Geel Hemde in die hofstad Brussel betoog het en die polisie sowat 450 optoggangers gevange geneem het.