Gatwick lughawe oop na hommel-chaos

Die Gatwick lughawe in Brittanje is weer terug na normaal nadat saboteurs met hommeltuie die aanloopbane beset het sodat vliegtuie nie kon land of opstyg nie.

Die hommeltuie het veroorsaak dat chaos vir twee dae geduur het, en duisend passasiers was gestrand as gevolg van die ontwrigting.

Honderde geskeduleerde vlugte is vertraag dur die hommeltuie wat deurlopend vergoed het dat vliegtuie van die bane kon gebruik.

Gedurende die naweek het die polisie daarin geslaag om s twee persone te arresteer wat vermoedelik vir die ontwrigting verantwoordelik is.Die egpaar, wat naby die lughawe woon, was klaarblyklik onbewus dat hulle die vliegtuie se landing en opstyging blemmer, en is lateer deur die polisie vrygelaat.

Meer as 200,000 passasiers is geraak deur die voorval en die regering het nuwe maatreëls ingestel om te voorkom dat ’n soortgelyke situasie nie weer by enige van die lughawens voorkom.

Die Gatwick lughawe by Londen is die land se tweede grootste lughawe, en die sluiting daarvan vir sowat 36 uur kos die land, rederye en passasiers miljoene dollar.