Franse wil groot instansies belas

Die Franse Minister van Ekonomies Sake, Bruno Le Maire, het gesê Frankryk gee die Europese Unie tyd tot Maart 2019 om na vore te kom met ’n ooreenkoms om VSA internet reuse met belasting aan te slaan.

Indien die EU nie daarin slaag om so ’n belasting stelsel te ontwikkel en in te stel nie, sal Frankryk voortgaan met die toepassing van ’n belasting in 2019 teen die Amerikaanse internet reuse soos Amazon, Google, Facebook en Apple.

Die Minister sê hy gee homself tyd tot Maart volgende jaar sodat Europa ’n belasting skaal kan toepas op die Amerikaanse reuse, maar daarna sal Frankryk self met ’n stelsel kom om belasting te hef.

Die Franse se gretigheid om Amerikaanse maatskappye aan te slaan vir blasting, kom sedert President Trump invoer blasting teen Europese lande gehef het.