Franse president slaan bollemakiesie

Die Franse president Emmanuel Macron het bollemakiesie geslaan en daarmee probeer om ’n mate van aansien te herwin deur die Geel Hemde se eise aan te hoor en toegewings te maak.

Macron het aanvanklik te kenne gegee dat hy nie sal swig voor die druk van betogers nie, maar het uiteindelik sy deuntjie verander nadat duisende betogers vir weke lank amok gemaak het in die Franse hoofstad Parys, asook in ander groot stede van die land.

In ’n toespraak op die Franse TV netwerk het Macron sy besluite bekend gemaak en is dit uitgespel dat hy gehoor gegee het aan die eise.

Die bykomende belasting op brandstof sal nie gehef word nie en di minimum loon vir werkers word verhoog soos wat geëis word.

Aandag sal ook gegee word aan die inkomste van pensioenarisse, aangesien die stygende lewenskoste hulle direk raak, en ’n verwagte verhoging van 100 euro per persoon is in die vooruitsig gestel.

Foto – President Emmanuel Macron