FBI vervolg twee Sjinese spioene

Die Amerikaanse vervolgers beskuldig twee burgers van Sjina dat hulle in samewerking is met die Sjinese Minister van Veiligheid om die VSA te benadeel.

The FBI accused China of aiming to replace the US as the world’s superpower with “illegal methods.”

Die FBI beweer dat die twee, Zhu Hua en Zhang Jianguo, saamwerk met die Sjinese minister om in te breek op Amerikaanse rekenaar stelsels van veral Intelligensie Agentskappe.

Die twee word ook aangekla dat hulle die VSA Vloot en die satelliet-tegnologie maatskappye geteiken het.

Dit blyk dat die twee sedert 2006 reeds besig is met hulle insypeling en deurbreek na stelsels van die Amerikaners, en sal eersdaags in die hof verskyn op aanklag van spioenasie en diefstal van tegnologiese inligting.