Evkom dank 12 uitvoerende personeel af

Evkom het aangekondig dat hul uitvoerende personeel van 21 tot nege verminder het in ‘n poging om hul salaris uitgawes te besnoei.

Ekonome meen dit het hul 24 jaar geneem om agter te kom dat daar personeel is wat betaal word vir weinig produksie.  Evkom het aangetoon dat hul wel die nodige vaardighede in ag geneem het met die afdankings.

Die hoof van kern energie, Dave Nicholls, is een wat afgedank is, maar sakelui en ekonomiese raadgewers reken die groot aantal werkers wat in die afgelope jare aangestel is, is die groot probleem wat uitgawes dramaties verhoog het.