Europese Unie streng teen plastiek

Die “euwel” van plastiek as die wêreld se grootste bedreiging van die seelewe word nou in die EU lidlande ’n stap verder geneem om die hergebruik te verplig.

Die lidlande het na weke se debatvoering, nou ’n ooreenkoms bereik dat plastiek produkte van ’n sekere reeks, net toegelaat word as dit hersirkuleer vir hergebruik aangewend word.

Produkte soos weggooi plastiese eetgerei, koeldrank strooitjies en soortgelyk produkte is nou op ’n lang lys van items wat nie eenmalig gebruik mag word om dan weggegooi te word nie. Dit moet deur nywerhede vir hergebruik verwerk word.

Die ooreenkoms behels dat daar ’n verbod is op die eenmalige gebruik van sekere plastiese produkte, en is die verwagting dat meer produkte met tyd in die lys opgeteken sal word.