Europa se verkwisting in Afrika

Ondanks Europa se inspuitings van miljoene euro in die situasie van sogenaamde immigrante in Libië het niks verbeter nie.

In ’n verslag van die Verenigde Nasies word bekendgemaak hoe ’n ondersoek toon dat moord, verkragting, marteling, slawe- en mensehandel nog net soos voorheen aan die orde van die dag is.

Die verslag volg nadat ’n ondersoekspan vir agtien maande lank onderhoude gevoer het met sowat 1,300 immigrante.

Sedert 2014 het die Europese Unie meer as 286 miljoen euro beskikbaar gestel om die omstandighede van die mense in Libië te verbeter waar 700,000 en een miljoen immigrante in twee afsonderlike immigrasie kampe woon.

Europa het die hulp verleen met die hoop dat hulle nie langer na Europa sal gaan op soek na ’n beter lewe nie.

’n VN woordvoerder sê van die oomblik dat vlugtelinge en immigrante in Libië aankom, is hulle onderwerp aan die “aller verskriklikste” omstandighede, afgesien van die hulp wat Europa gegee het.