EU stel meer sanksies in teen Russe

Die ses-maande sanksies teen Rusland, het die Poetin-regering ’n swaar slag gegee op finansiële gebied, wat nou uitgebrei gaan word weens die Russe se optrede teen die Oekraïne.

Intussen het Navo ook ’n oproep gedoen tot sy lidlande om die Oekraïne te ondersteun terwyl Rusland steeds van sy skeepsbemanning in aanhouding het.

Die president van die Europese Raad, Donald Tusk, het die naweek aangekondig dat die EU besluit het om sanksies teen Russiese leiers in te stel en sal ook die bestaande sanksies verder verleng.

Die sanksies spruit uit ’n voorval toe Rusland drie oorlogskepe van die Oekraïne gedwing het na sy hawe waar die bemanning wat seergekry het, glo behandeling ontvang.

Versoeke van Duitsland en ander Europese lande dat Rusland die bemanning en die skepe moet loslaat, is glo van die hand gewys, waarna sanksies teen Rusland ingestel is.