Egipte slaan terroriste in weerwraak

Minstens 40 terroriste is deur die Egiptiese weermag gedood in drie verskillende aksies die afgelope paar dae.

Die inligting is deur die land se Minister van Binnelandse Sake bekendgemaak gedurende die naweek.

Minstens dertig terroriste het omgekom in die omgewing van Gizeh waar hulle vasgekeer is in hul skuilplek en sowat tien is in twee ander voorvalle gedood.

Groot hoeveelheid wapens en ammunisie, plofstof en toerusting, met die nodige materiaal om ontploffings te veroorsaak, is gekonfiskeer.

Die aanvalle is uitgevoer nadat een persoon gedood is tydens ’n terreur aanval in Egipte, en het die regering beveel dat vergeldings aanvalle uitgevoer moes word.