Eers skuldig, dan onskuldig dan ….

Die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) het verklaar dat hul Marius Fransman, vorige leier van die ANC in die Wes-Kaap, gaan vervolg vir beweerde seksuele aanranding.

Die saak is reeds in Januarie 2016 teen Fransman aanhangig gemaak deur Louisa Wynand.  Bykans twee jaar het verloop voordat daar nou begin gaan word met vervolging.

Die vervolging wat so laat ingestel word, bemoeilik gewoonlik die bewysbaarheid en die koste beloop aansienlik meer as wanneer dit vinnig afgehandel word.