Durban burgemeester in Valke se visier

Die Durbanse burgemeester, ene Zandile Gumede, asook ANC raadslid Mondli Mthembu se arrestasie deur die Valke is onvermydelik. Dit volg na ’n lang ondersoek rondom geld wassery, bedrog en korrupsie teen die twee. Drie munisipale beamptes is verlede week gearresteer en die Valke se fokus het nou verskuif na die twee senior beamptes.

R25 miljoen is betaal om chemiese toilette te huur en skoon te maak, en dit volg nadat die raad reeds R3 miljoen betaal het vir dieselfde kontrak.

Meningsvormers sê die misdaad wil nie minder word nie, en die uiteinde daarvan sal wees dat Suid-Afrika finansieel ten gronde gaan.

Foto – Zandile Gumede