Duitse vroue met mes aangeval

Drie vroue in Duitsland moes inderhaas dringende noodoperasies ondergaan nadat hulle ernstige wonde opgedoen het dur ’n terroris wat hulle met ’n mes gesteek het.

Die drie vroue is in drie afsonderlike gevalle gewond met die doel om gedood te word, en polisie is op soek na die moordenaar.

Die voorval het in die Duitse stad Nuremberg plaasgevind gedurende die aand toe die mense in ’n “veilige omgewing” gestap het.

Die drie vroue, een van 54 jaar, en die ander twee onderskeidelik 34 3n 26, kon betyds by hospitale besorg word.

Die polisie sê die vroue het verskillende beskrywings ggee van hulle aanvaller, wat die moontlikheid laat dat dit ’n georganiseerde terroriste groep is.