Duitse tydskrif verplig om joernalis af te dank

Die Duitse tydskrif, Der Spiegel is in omstredenheid gedompel nadat bevind is dat een van sy belangrikste joernaliste talle berigte geplaas het wat hy uit sy duim gesuig het.

Dit is egte nie waar alles eindig nie, want die Amerikaanse ambassadeur in Duitsland het geëis dat ’n intensiewe ondersoek gedoen word na Der Spiegel se bedrywighede.

Die Amerikaanse ambassadeur, Richard Grenell, sê die ondersoek is nodig aangesien Der Spiegel ’n anti-Amerikaanse veldtog voer.

Die tydskrif het egter ontken dat sulke bewerings korrek is, maar met die joernalis wat erken het dat hy berigte geskryf en laat plaas het wat vals inligting bevat en baie besonderhede self gefabriseer het, noodsaak ’n dringende ondersoek na die tydskrif, is gesê.

Die ambassador wys daarop dat menige van die valse berigte direk teen die Verenigde State van Amerika gemik is, en omdat die joernalis betrap is dat hy ’n reeks self opgemaakte stories geplaas gekry het, wek ernstige kommer en regstelling.

Der Spiegel het intussen bekendgemaak dat die joernalis afgedank is.

Die joernalis, Claas Relotius, wat betrokke was by die tydskrif het glo vir baie jare ongehinderd voortgegaan met sy onwaarhede en het selfs toekennings ontvang vir sy “joernalistieke beriggewing”.

Die koerant het later aangekondig dat hy kriminele klagtes teen die afgedankte joernalis ingestel het, klaarblyklik uit vrees dat sy lesers getalle nog verder gaan daal.

Foto – Claas Relotius