Duisende gevangenes in Jemen uitgeruil

Die regering van Jemen en die Houthi rebelle het ooreenkoms bereik om duisende gevangenes uit te ruil wat ook aangehoudenes in die buiteland insluit.

Die Internasionale Rooikruis het slegs 10 dae om te reël vir die uitruiling wat hopelik sal lei tot ’n permanente vredesverdrag tussen die twee strydende magte.

Nagenoeg 16,000 mense sal oor en weer uitgeruil word volgens die ooreenkoms wat verlede week onderteken is.

Iran sal behulpsaam wees om die rebelle bystand te verleen, terwyl Saoedi-Arabië die Jemen regering sal help met die operasie.

Die naamlys van elke groep sal oor ’n tydperk van vier weke bestudeer word alvorens die finale uitruiling geskied.