Dit klink na die waarheid

Suid-Afrika het oor die afgelope agt jaar gehoop dat Jacob Zuma as president vervang gaan word met iemand wat betroubaar is en nie met leuens homself verryk nie.

Die korrupsie en algehele agteruitgang van die land het menige sakeman en nyweraar bekommerd gemaak, en uiteindelik is die druk so hoog op die ANC dat hulle genoodsaak was om van Zuma ontslae t raak.

Sy Nkandla gemors het uiteindelik n groot deel van die ANC leiers laat besef hulle eie gierigheid kom in gedrang met Zuma se nuk om di land al verder in die skuld te dompel.

Toe kom Cyril Ramaphosa op die voorgrond, en tot baie se verbasing, word Zuma uitgeskakel net soos wat hy met Mbeki as president gedoen het.

En Suid-Afrika sug van verligting – Zuma is weg!

Die linkses in die land, waarvan baie blankes is, juig toe die aankondiging gemaak word dat Cyril Ramaphosa die nuwe president is.

Naar helaas, die opvolger word grondgryper, net so erg soos diktator Mugabe van weleer, en om alles te kroon, lieg hy sonder om te skroom, teenoor buitelanders dat hier nie plaasmoorde is nie.

Daarmee het die nuwe president getoon wie en wat hy is – niks meer en niks minder as sy voorganger nie…….

Om wie ook al te beïndruk, maak hy bekend dat parlementslede nie salaris verhogings gaan kry vanjaar, so asof hulle al slapende in die parlement, enigsins so ‘n verhoging verdien.

Die Vryburger het in sy beriggewing reeds gewys op verskeie sake waarmee di president gegly het, en teen die koers wat hy inslaan, kan blankes maar ophou juig en weet, die toekoms word al donkerder met Cyril Ramaphosa aan die stuur.

Iemand het opgemerk dat die nuwe president geensins beter of slegter is as sy afgesette voorganger nie – en dit klink na die waarheid.