Die politieke siekte van 2018

Die jaar 2018 is gekenmerk deur politieke huwelike wat net so vinnig op egskeidings en tot bitter binne gevegte gelei het.

Die EFF het verskeie kere met die DA hande gevat ter wille van poste in stadsrade, maar netso vinnig die rug gekeer op die vennoot as daar ander sake op die agenda kom.

Nelson Mandela Baai was tiperend waar Athol Trollip eens ingestem en later uitgestem is.

Pravin Gordan is deur die EFF gesteun en later as deel van wit monopolie uitgeskel terwyl Patricia de Lille deur die EFF gesteun is teen die DA.

In Pretoria loop Maimane katvoet om die EFF te paai ter wille van sy posisie. Die groot korrupsie saak met VBS Mutual Bank het die EFF se Achilles is blootgelê met miljoene wat hande verwissel het.