Die dood is op die pad

Gedurende die eerste helfte van die Desember vakansie is verby, en die belofte van die regering en sy verkeersowerhede van goed georganiseerde wetstoepassing het dadels van gekom.

Tot die dag voor Kersfees. Het die dodetal reeds die 800 merk verbygesteek, en die swaar verkeer van huiswaarts keer, le nog voor.

Elke Desembervakansie waarsku die regering en die verkeersdepartemente dat streng opgetree gaan word, en dat die ongeluksyfer maatreëls in plek is om toe te sien dat minder ongelukke plaasvind.

Elke jaar styg die dodetal, en elke keer word dit al duideliker dat die regering en sy verkeersowerhede nie die werklike probleem wil aanspreek nie.

Te veel onpadvaardige voertuie met dronk bestuurders, is een deel van die probleem, terwyl ongedissiplineerde bestuurders, sonder bestuursvernuf en oorlaaide voertuie, die ander deel van die probleem is.

Die derde deel van die probleem is dat die verkeersbeamptes nie in groot getalle op die hoofpaaie beweeg om seker te maak dat roekelose bestuurders vasgevat word nie.