Derduisende slagoffers van apartheid wag nog

Duisende slagoffers van die apartheid-era wag steeds op hulle kompensasie te midde daarvan dat ’n regerings fonds daarvoor opgerig is.

Die slagoffers sou kwalifiseer om uit die Fonds gehelp te word om te herstel, en behuising, gesondheid dienste en behoorlike opvoeding is deel van die ondersteuning waarvoor hulle nog altyd wag.

Dit is nou byna ’n kwart eeu later na FW de Klerk en Tutu hand geskud het oor die aangeleentheid, maar nou wag duisende steeds om ’n helpende hand te ontvang.

In 2003 is die sogenaamde Presidents Fonds in die lewe geroep om die slagoffers by te staan, maar dit blyk dat die ANC regering hulle beloftes nog net soos in die verlede, nie nakom nie, behalwe wanneer hulle blankes van hulle grond kan beroof, het een slagoffer glo gesê.

Daar bestaan ’n verwagting by slagoffers dat die owerheid hulle ’n eenmalige bystand betaling van R30,000 moet gee. Berekenings toon dat so ’n betaling aan die duisende slagoffers, miljarde Rand sal beloop, wat die bankrot land nie kan doen sonder om nog dieper in die skuld te raak nie.