De Lille se duisende kiesers

Die voormalige Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, sê haar nuut gestigte politieke party het reeds die steun van 600,000 kiesers.

Waarnemers sê dat dit onwaarskynlik is dat sy binne drie weke soveel steun kon kry waarvan sy bewus is, maar indien dit wel so is, kan dit die einde van die vêr linkse DA se heerskappy in die provinsie wees.

Dit beteken dat die kommunistiese ANC weer beheer kry oor die provinsie, en dat di korrupsie waarskynlik soos elders in die land, gaan toeneem ten koste van die eerlike inwoners.

’n Politieke ontleder sê dit is tyd dat mense mot besef dat daar geen verskil sal wees in wat in die land gebeur as die ANC of die DA regeer nie – albei sit met die een groot probleem van oneerlike mense wat steel en omkopery bedryf.

Foto – Patricia de Lille