Columbië rebelle leier gedood

Walter Arizala die leier van die verswakte FARC rebelle vegters in Columbië is gedood deur die Weermag soldate tydens ’n skermutseling.

Die FARC het twee jaar gelede die wapen neergelê teen die regering nadat ’n ooreenkoms bereik is, maar sowat 2,000 rebelle het geweier om die styd gewonne te gee.

President Ivan Duque het die afgelope naweek bekend gemaak dat die rebelleleier tydens ’n skermutseling met regeringsmagte gedood is.

Arizala wat deel was van die Oliver Sinisterra Front wat weer verbind word aan die Revolutionary Army Forces of Colombia (FARC) is gedood nadat ’n jagtog op hom begin is weens sy koelbloedige moord van drie media werkers ontvoer en doodgeskiet het.

Die owerheid van Columbië, asook Ecuador se regering het $100,000 uitgeloof vir inligting wat sou lei na die mees gesoekte man in die land.

Foto – Walter Arizala