Collins Letsoalo eis miljoene van Prasa

Collins Letsoalo, die voormalige waarnemende hoof van die Passasiers Spoor Agentskap, (Prasa), is gegrief en wil nou afvaardigings stuur aan verskeie persone en instansies.

Die senior beampte van Prada, ene Bhekani Khumalo, sowel as die voormalige voorsitter, Popo Molefe, is onder diegene wat in sy visier is.

Hy gaan ook die Engelse koerant, die Sunday Times, hof to sleep om sy eise van R20 miljoen besleg te kry.

Die Sunday Times  het wel hul verskoning aangebied vir klaarblyklike foutiewe beriggewing nadat die pers se ombudsman die koerant base so vereis het weens die skending van sy reputasie.

Die koerant het in Junie vanjaar ’n misleidende en vals berig geplaas oor die eiser, en nou blyk dit dat hy besluit het om almal hof toe te sleep.

Collins Letsoalo sê egter hy het nie ’n verskoning geëis nie, en hou die koerant steeds verantwoordelik vir hulle daad.

Foto – Collins Letsoalo