Cheeky Watson ontken enige misstappe

Die kontroversiële Cheeky Watson van OP Rugby faam,  het in die Handels Hof in PE verklaar dat hy nie bewus was van enige onreëlmatighede rondom sy aanvaarding van R2,9 miljoen in OP se bankrekening wat dan oorbetaal is aan die vermaaklikheid maatskappy Zeranza.

Watson, Nadia Gerwel, Andrea Wessels en Stefan Pretorius verskyn in die hof rondom ’n multi-miljoen rand bedrog saak by die Nelson Mandela Baai munisipaliteit

Geld van die Tesourie wat geoormerk was vir die openbare busvervoer stelsel IPTS is, is aangewend en die vier staan op 44 klagtes tereg.

R6 miljoen is verder van ITPS oorbetaal aan Zeranza en gebruik om eiendom aan te koop vir Pastoor Bassey van The Peculiar Church in Uitenhage.