Brose kalmte heers in Jemen

Die beleërde stad Hodeida wat van uiterste belang is as hawe stad vir die invoer van noodsaaklike lewensmiddele, verkeer tans in ’n brose gespannenheid terwyl die gewelddadigheid bedaar en selfs tot stilstand gekom het.

Dit volg nadat die twee strydende magte om ’n onderhandelingstafel in Swede gesit het om ’n skietstilstand te bewerkstellig wat tans in die gebied heers.

Die stad aan die kus van die Rooi See is die belangrikste hawe van Jemen waar voedsel en mediese voorraad tans van dringende noodsaaklikheid is om ’n totale ramp te voorkom.

Kort na die Skietstilstand Ooreenkoms aangegaan is, het sporadiese gevegte losgebars, maar met behulp van Verenigde Nasies se vredesmag kon die posisie gered word voor dit tot algehele chaos kon lei.