Brexit sonder ooreenkoms?

Dit wil voorkom asof di Britse premier, Theresa May, nou die stryd verloor het om haar ooreenkoms met die Europese Unie (EU) deurgevoer te kry, en het aangekondig dat sy in 2019 sal uittree as premier.

Die ernstige verdeeldheid in Brittanje stuur nou af op ’n “geen Ooreenkoms” uittrede en sal tot nadeel van beide die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie wees.

Die moontlikheid het Britte laat verander van strategie, en maak parlementslede, nyweraars en sakemanne hulle gereed om die “Geen ooreenkoms” fase te betree.

Premier Theresa May het glo Woensdag gesê die situasie het nou ontwikkel dat die regering hom gereedmaak vir die uittrede uit die EU sonder ’n ooreenkoms.

Die Britse regering verwag dat grootskaalse ontevredenheid kan losbars in betogings, en daarom is etlike duisende soldate ontplooi om wet en orde te handhaaf.

Waarnemers meen die omstandighede gaan Brittanje baie geld uit die sak jaag, en bestaan die vrees dat die Europese lande hulle geheel en al sal distansieer van die Verenigde Koninkryk met handelsgoedere.