Brasilië verwerp ook VN Immigrante plan

Die nuut verkose regering van Brasilië het reeds te kenne gegee dat hulle na aanvaarding en inhuldiging as regeerders sal die land ook onttrek uit die Verenigde Nasies se immigrante ooreenkoms.

Die aankondiging is gedoen deur die toekomstige Minister van Buitelandse  Sake, wat op 1 Januarie 2019 die land se regering oorneem na die oorwinning tydens die presidentsverkiesing.

Brasilië se nuwe regering wat ook nasionalisties gesind is, word as ’n belangrike leier in die Latyns-Amerikaanse state beskou, en kan moontlik deur sy optrede ook ander lande in Suid-Amerika beïnvloed om dieselfde te doen.

Die Minister, Ernesto Araujo, sê die VN ooreenkoms los nie die immigrante krisis op nie, en is derhalwe van geen waarde nie, veral vir lande wat nie bereid is om ander lande se mense te akkommodeer nie.

Foto – Minister Ernesto Araujo