Brasilië vervolg uittredende president

Die uittredende president van Brasilië, Michel Temer, word vervolg weens verskeie aanklagte van korrupsie en geldwassery.

Hy verloor in die proses sy immuniteit sodra hy die amp ontruim aan die begin van 2019 wanneer ’n nasionalistiese president die land sal regeer.

Brasilië se staatsaanklaer, Raquel Dodge, word daarvan aangekla dat hy uitvoer konsessies toegestaan het in ruil vir omkoopgeld.

Van die maatskappye wat met die konsessies bevoordeel is, word Santos in Sao Paulo, asook Rodrimar, se name genoem

Van die instansies het reeds bevestig dat hulle omkoopgeld betaal het in ruil vir konsessies ten bedrae van meer as $8 miljoen.

Die president wat voor Temer gedien het, is opgesluit weens korrupsie waarby miljoene dollar betrokke is.

Foto – Michel Temer