Brandstof goedkoper in Januarie

’n Woordvoerder van die AA het die afgelope naweek gese berekenings dui daarop dat di brandstof se prys verder sal daal gedurende Januarie 2019.

Die verwagting is dat petrol sowat R1.19 kan daal en diesel se prys kan met R1.44 verminder terwyl lampolie (paraffien) na verwagting met R1.32 kan daal.

Kenners meen egter duie prys is steeds te hoog en behoort met minstens ’n verdere R4.20 te daal, maar die gretigheid van die regime maak van die motoris ’n gerieflike melkkoei, is gesê.