Bosasa nie enige kontrak met president

Bosasa, nou African Global Operations, beweer dat daar geen kontrak bestaan tussen die maatskappy en Cyril Ramaphosa se seun Andile nie.  Volgens Joe Gumede, Bosasa se  voorsitter, is daar geen rekord, kontrak of faktuur van die sogenaamde R500,000 se finansiële konsultasie diens gelewer deur A Ramaphosa nie.

Dit volg nadat Cyril Ramaphosa aanvanklik in die parlement gesê het dat die betaling vir sy seun was vir konsultasie werk wat vir Bosasa gelewer is deur sy seun.

Later het die ANC president ‘n 180 grade omkeer gemaak het en toe vertel dat die bedrag deur Gavin Watson inbetaal is in sy verkiesingsfonds rekening.

Bosasa se verbintenisse met Andile en kontrakte van miljarde Rand met die regering word hierdeur bevraagteken dur politieke ontleders.