“Bloedhond” span wil rekord slaan

Die span wat hulleself die “Bloedhond span” noem, het hulle projek beskryf as ’n “groot Kersgeskenk” wat gaan poog om met die Bloedhond motorvoertuig ’n nuwe spoed rekord op te stel.

Die “renmotor” is ontwerp en gebou om ’n spoed van 1,600 kilometer per uur oor die aarde te vlieg, al is dit dan ’n vlug op die grond.

Die span het pas aangekondig dat hulle projek om die spoed rekord te verbeter gaan voort te midde daarvan dat die projek deur ’n Britse instansie oorgeneem is.

Die projek is begin met die ontwerp en bou van die blitsige ryding wat teen ’n koste van nagenoeg $32 miljoen gedoen is.

Die voertuig bestaan uit ’n totaal van sowat 3,500 onderdele en is ’n unieke projek uit die Britse stal.

Die vorige land-spoed rekord is in 1997 opgestel toe die renmotor ’n topsnelheid van 1,228 kilometer per uur kon behaal.

Die “bloedhond” sal glo aangedryf word deur ’n “jet engine” sowel as ’n vuurpyl om 135,000 perdekrag te ontwikkel, wat ses keer meer is as ’n Formule Een renmotor.