Blair vra tweede referendum

Tony Blair, ’n voormalige Eerste Minister in Brittanje, het in ’n emosionele oomblik gepleit vir ’n tweede referendum oor lidmaatskap van die Europese Unie.

Blair, wat premier was tydens die linkse Arbeidersparty aan bewind was, se oproep vir ’n opvolg referendum kom nadat die Britse Eerste Minister gesê het daar sal geen tweede referendum wees nie.

Blair het gesê die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk moet hulle posisie wysig “sodat dit almal tevrede sal laat”.

Blair reken ook dat die Britse parlement nie daarin gaan slaag om ’n Brexit voorstel te aanvaar nie, en daarom moet ’n tweede referendum gehou word waarvoor die EU hulle ook moet gereedmaak.

Die paniek onder Britte is duidelik waarneembaar noudat minder as vier maande oor is alvorens Brittanje en die Verenigde Koninkryk se lidmaatskap beëindig word.

Vrese bestaan dat “geen ooreenkoms” bereik gaan word nie wat vir beide kante ’n nadelige situasie is, en daarom word ’n tweede referendum bepleit met die hoop dat die uitslag ten gunste van voortgesette lidmaatskap sal wees.

Foto – Tony Blair