Bitcoin val vêr maar stabiliseer

Die virtuele geldeenheid Bitcoin het uiteindelik gestabiliseer nadat dit vêr en diep geval het gedurende November vanjaar.

Die eenheid het egter sy laagste punt bereik in 2018 voordat dit uiteindelik in Desember getoon het dat die eenheid ’n meer stabiele fase ingegaan het.

’n Woordvoerder van Bitcoin sê die eenheid het menige stygings en dalings ervaar is die 10 jaar van sy bestaan, maar het die doemprofete verkeerd bewys omdat Bitcoin meer as 300 keer sou doodgaan, wat nie gebeur het nie.

Bitcoin verhandel tans teen ’n gemiddelde koers van sowat $3,300.