Bestuurslisensies – hernu 5 jaarliks

Die Pad Verkeers Bestuur Maatskappy het ‘n voorstel gemaak dat motor bestuurders elke 5 jaar moet gaan vir ’n hertoets.

Dit word oorweeg weens die groot aantal sterftes op die paaie gedurende die Kerstyd.  Jong en onervare bestuurders kry die skuld vir die ongelukke. Niks word gemeld van die talle lisensies wat “gekoop” word by toets terreine  en toets stasies nie.

Die persone met “gekoopte” lisensies het sekerlik geen of min ervaring of die nodige bestuursvernuf nie.

Limpopo verkeers owerhede sit met onpadwaardige mini-busse wat reis na Zimbabwe en die vraag is hoe die bussies vanuit Gauteng, Natal en Wes-Kaap kon reis tot in die noorde sonder dat hul voorgekeer is.

Voetgangers wat doodgery word, is nou ’n veel groter probleem en vanjaar het baie meer omgekom weens onverskillige en nalatige optrede deur oor snelweë te loop waar motors teen hoë snelheid beweeg.