Belgiese regering steeds in knyptang

Nadat die Nuwe Vlaamse Alliansie se voorsitter, Bart De Wever, bsluit het om uit di koalisieregering te onttrek, is die regering van Premier Michel in ’n minderheid en word sy taak al moeiliker om te regeer.

Die premier het sy hoop gevestig op die samewerking van  die N-VA maar De Wever is vasbeslote dat twee aspekte van die regering hom nie aanstaan nie.

Die konserwatiewe N-VA is nie te vind om in die koalisie regering te dien as die regering nie meer gaan doen om die werkloosheid aan te spreek nie, en het vooraf gewaarsku dat hy sal onttrek as België die Verenigde Nasies se immigrante ooreenkoms onderteken.

Michel hoop om verskeie sake met die hulp van De Wever goedgekeur te kry aangesien dit nog opgestel is met die vroeëre hulp van die  N-VA as koalisie vennoot, maar daaroor bestaan onsekerheid.

De Wever het gesê sy alliansie is gereed indien premier Michel besluit op ’n vervroegde algemene verkiesing in die land.

Foto – Bart De Wever