Belgiese premier moet kabinet skommel

Die Belgiese Eerste Minister moet sy kabinet skommel nadat di grootste politieke party die koalisie regering verlaat het wens die besluit van die regering om die VN ooreenkoms oor immigrante te onderteken.

Die omstrede ooreenkoms is nie deur die VSA onderteken nie waarna talle Europese lande die voorbeeld gevolg het.

Konserwatiewes in België is ook gekant teen die VN se poging om lande te beweeg tot ondertekening van die omstrede dokument wat die reël van optrede bepaal oor immigrante.

Die Nuwe Vlaamse Alliansie party (N-VA) van Bart De Wever het die afgelope naweek aangekondig dat hy onttrek uit die koalisie regering nadat die Franssprekende liberale party gesê het hulle sal die VN ooreenkoms onderteken.

Die regerings van Australië, Oostenryk, Amerika, Hongarye, Pole en die Tsjeggiese Republiek het egter geweier om die VN te steun in sy immigrante beleid.

Waarnemers wys daarop dat die moontlikheid bestaan dat Italië ook nie die ooreenkoms sal onderteken nie.

Premier Charles Michel sal waarskynlik nou veel moeiliker kan regeer aangesien hy voortaan as ’n minderheidsregering in België sal regeer.

Foto – Premier Charles Michel