Bankrot SA wil sokker reeks aanbied

Suid Afrika is fisies bankrot en die land se sokker vereniging steier voort met bewerings van omkopery sedert die 2010 Wêreld Beker reeks, maar sien kans om in 2019 die Afrika Sokker Beker Toernooi aan te bied .  Cameroon is die reg ontneem om die toernooi aan te bied weens vertragings in hul voorbereiding asook vrese oor veiligheid.

Die president van SA sokker, Danny Jordaan,  is nie verkies op die wêreld sokker vereniging se bestuur nie weens verskeie redes.

Drie vroue het beweerde verkragtings sake teen Jordaan aanhangig gemaak waaronder ‘n vorige ANC LP Jennifer Ferguson.

Waarnemers vind fit vreemd dat Russel Paul, die waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van SAFA, skaars drie dae gelede gesê het dat dit die land R140 miljoen sal kos om die reeks aan te bied/

Hy het bygevoeg dat die regering sal moet help met die befondsing aangesien SAFA nie die fondse het nie.

Gaan die belasting betaler die geld “skenk” want so ‘n reeks is nie ‘n geld-maker nie.

Die Departement van Sport en Ontspanning het bevestig dat die regering so ‘n aansoek sal oorweeg.