Australië erken Jerusalem

Die Eerste Minister van Australië, Scott Morrison, het die afgelope naweek bekendgemaak dat die regering nou ook die westelike deel van Jerusalem erken as hoofstad van Israel.

In ’n verklaring word gesê Australië erken die weste van Jerusalem as die hoofsetel van die Israelse Knesset, en sal die ambassade daarheen verskuif wanneer dit meer prakties en geleë is.

Dit volg enkele maande nadat President Trump van Amerika besluit het om die leiding te neem en die Amerikaans ambassade te skuif vanaf Tel Aviv na Jerusalem, waarna verskeie ander lande sy voorbeeld gevolg het.