Armenië betoger leier word premier

Die waarnemende Eerste Minister van Armenië, Nikol Pashinian, wat aanvanklik die leier was van talle betogings en optogte, het later die amp van waarnemende premier verwerf.

Nou is die waarnemende Eerste Minister besig om die magsbasis te versterk nadat hy met anti-korrupsie protes optogte meer mense om hom geskaar het.

In die afgelope naweek se vervroegde verkiesing het die protes lier ’n oorweldigende steun gekry en sal die waarnemende premier heelwaarskynlik die permanente Eerste Minister word.

Sy alliansie ht, nadat 90% van die stemme reeds getel is, 70% van die stamme gekry, wat hom die onbetwiste wenner maak.

Die Republikeinse Party van die vorige premier, Serzh Sargsyan, het ’n vernederende nederlaag gely wat hoofsaaklik toegeskryf word aan die vele gevalle van korrupsie in die land.

Foto – Nikol Pashinian