ANC wou opponent omkoop

Hulle het pogings aangewend om die uitkoms van ’n munisipale raadsvergadering te swaai in die guns van die ANC deur ’n raadslid om te koop.

Drie ANC leiersfigure in Natal se Abaqulusi  plaaslike munisipaliteit is gearresteer deur die Valke nadat hulle na bewering omkoop geld aangebied het aan ’n opposisie raadslid.

Die gebeure volg nadat ’n raadsvergadering waar ’n mosie van wantroue teen die speaker ingedien sou word, en is die opposisie party se raadslid omkoop geld aangebied om vir die ANC te stem.

Die geluk is dat die ANC leiers op heterdaad betrap is waar hulle die omkopery wou doen, en kon deur die Valke in hegtenis geneem word.

Volgens ’n polisie woordvoerder is ’n “aansienlike bedrag” geld aangebied aan die opposisieparty se raadslid.