ANC wil grondgryp verhaas

Verslae en berigte doen die rondte dat die ANC die grond diefstal projek wil verhaas, en maak nou reeds ’n ophef daarvan sodat die komende verkiesing se uitslae vir hulle gunstig sal wees.

Volgens die grondgryp plan wil die regime 30% van die grond na swartmense oorplaas binne die volgend vyf jaar.

Landbouers wat ’n deeglike studie gemaak het van die uitkoms van so ’n daad, voorspel dat dit ’n negatiewe gevolg inhou vir voedsel voorsiening in die land.

Die Ramaphosa regime wil sien dat die grondwet wysiging gedoen word voor die verkiesing in 2019, en die vermoede bestaan dat die eerste grond dan gegryp sal word om te din as motivering vir swart kiesers om die ANC te steun.

Politieke kommentators sê die optrede van die ANC verskil geensins van Mugabe se optrede nie, en is ’n toonbeeld van diktatorskap en rowery.