ANC webblad en R32 miljoen regsaansoek

Die ANC se webblad www.anc.org.za is sedert September nie meer aanlyn nie aangesien die diensverskaffers en ontwikkelaars van die webblad ‘n eis ingestel het van R32,5 miljoen vir onbetaalde rekenings vir die ontwikkeling en instandhouding van die webblad.

Unwembi Communications het nou die ANC hof toe geneem om die skuld te herwin.

Vrae het ontstaan oor die ANC wat gereeld in die nuus is oor lede wat in hofsake betrokke is en ook skuldig bevind word, terwyl hulle sleutel persone in die regering van die land is.

Die klaarblyklike wanbetaling vir dienste gelewer deur die ANC as politieke party, word wyd bestempel as n spieëlbeeld van wat die ANC as regeerders doen.