ANC regering sal jammer wees

Die ANC regering van Cyril Ramaphosa sal baie jammer wees as hulle sou besluit om die grond van ’n  boer van Oos-Transvaal sonder vergoeding te neem.

Die boer wat verkies om anoniem te bly, het besluit dat hy sal sorg dat die plaas se waarde drasties daal as die regering besluit om sy grond te vat.

Hy sê daar is baie maniere hoe die plaas “nutteloos” gemaak kan word, want as hulle grond wil vat, kan hulle dit doen, maar voor daardie dag finaal aanbreek, sal sy plaas “omskep word in ’n stuk aarde wat vir ’n baie lang tyd nutteloos sal wees”.

Op ’n vraag wat hy gaan doen, was daar glo net ’n ondeunde glimlag op die oop, eerlike gesig van ’n man wat met harde werk sy plek opgebou het.

“Een van die eerste dinge wat gedoen kan word, is om al die geboue af te brand, en die landerye waar oeste staan, te vernietig, damwalle te breek, windpompe en boorgate te vernietig, maar dit is nie al nie…..” het hy gesê.