ANC Jeugliga konferensie weer afgestel

Regdeur die land is daar ’n neiging by die jonger geslag in swart geledere om hulle nie te steur aan die ANC Jeugliga nie.

Die omstrede, swak funksionerende beweging moes die afgelope naweek weereens sy beplande konferensie afstel weens die gebrek aan belangstelling.

Daarbenewens het baie sogenaamde jeug takke oor die hele land nie geweet van die beplande konferensie nie, en ander het glo bloot die kennisgewings geïgnoreer.

Die kansellasie kom te midde van die ANC se pogings om met ’n taakspan wat senior partylede insluit, die konferensie aan die gang te kry.

Die party se sekretaris-generaal, Ace Magashule, en Zizi Kodwa van die presidensie was betrek, maar die mislukking is herhaal van die vorige poging wat ook nie wou slaag nie.

Foto – Ace Magashule