ANC Jeugliga konferensie afgestel

Die ANC se Jeugliga se onvermoë om te voldoen aan die vereistes om ’n jaarlikse konferensie te hou, is een van die redes waarom die byeenkoms wat verskeie ker uitgestel moes word, nou afgestel is.

Woordvoerders sê die Jeugliga se finansies is nie na wense nie, en sal nie die byeenkoms kan finansier nie, en die ANC is nie bereid om geld te gee vir ’n konferensie wat swak gereël is nie.

Dit beteken dat die verkiesing van nuwe leiers vir die omstrede Liga, nie gaan plaasvind nie, en waarskynlik eers aan die einde van 2019 gehou sal word, met die verstandhouding dat hulle dan in staat sal wees om alles goed te reël en te betaal vir die uitgawes.

Die Jeugliga se Sekretaris-generaal, ene Njabulo Nzuza, sê egter hulle is gereed om ’n konferensie te hou, maar dit is duidelik nie wat gaan gebeur nie.

Foto – Njabulo Nzuza